Karboksielsuur

Asynsuur en -in blou- sy funksionele karboksielsuurgroep

'n Karboksielsuur is 'n organiese verbinding wat die karboksielfunksionele groep (COOH) bevat.

Die bekendste karboksielsure is asynsuur (etanoësuur; R=CH3-) en mieresuur (metanoësuur; R= H-). Mieresuur is ook die eenvoudigste karboksielsuur. Dit bevat mos net een koolstofatoom. Die proton van die -COOH-groep het suur eienskappe. Asyn is hoofsaaklik 'n oplossing van asynsuur in water, waarin 'n suur-basis-ewewig optree:

Die negatiewe lading op die asetaat-ioon is oor die drie atome van die O-C-O-groep gedelokaliseer en dit stabiliseer hierdie ioon en verlaag sy basisiteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne