Karnivoor

Leeus is groot vleiseters; en vereis tot soveel as sewe kilogram vleis per dag. Groot soogdiere, soos hierdie Buffel maak 'n belangrike deel van hul dieet uit.

'n Karnivoor of vleiseter (vanuit die Latyn carne vir 'vlees' en vorare wat 'vreet' beteken) is 'n organisme wat 'n dieet het wat hoofsaaklik uit diere bestaan, hetsy dit van lewende diere (vir jagdiere) of dooie diere (vir aasdiere) afkomstig is.

In die algemeen kan 'n mens diere as karnivore beskou as hulle hoofsaaklik ander diere vreet eerder as om plante te vreet. Daar bestaan ook ongewerweldes wat prooi eet soos spinnekoppe en hottentotsgotte asook verskeie spesies land- en seeslakke. Diere wat uitsluitlik vleis eet word ware karnivore genoem.

Plante wat insekte vang en verteer word karnivoorplante genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne