Kernspin

'n Kernspin is 'n kwantummeganiese eienskap van die kern van 'n atoom.

Die presessie van 'n giroskoop is 'n klassieke analoog van die gedrag van 'n kernspin

Oppervlakkig (of liewer: klassiek) gesien kan ons 'n atoomkern voorstel as 'n deeltjie wat soos die Aarde of 'n giroskoop om sy eie as wentel.

In die kwantummeganika word egter uitgegaan van die dualiteitsbeginsel wat sê dat deeltjies altyd ook golfeienskappe soos 'n golflengte besit. Wanneer 'n golf weerkaats word of om sy eie as draai kan daar interferensie met homself optree en dit lei daartoe dat net bepaalde toestande van die spin moontlik is. Hierdie toestande word beskryf deur kwantumgetalle. Vir die kernspin word meestal die simbool I gebruik, vir die elektrone gebruik mens meestal s.

Die waarde van I bepaal die hoekmomentum van die deeltjie volgens die formule:

Hierin is die gereduseerde konstante van Planck.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne