Kiebla

Die huidige kiebla van Islam is na die Kaäba.

Die kiebla of kibla (Arabies: قبلة|, "rigting") is die rigting waarin Moslems moet kyk wanneer hulle bid. Dit is die rigting van die Kaäba in Mekka. Die meeste moskees het ’n muur met ’n nis bekend as die mihrab wat die kiebla aandui.

Moslems bid almal in dieselfde rigting om die aanbidding van een God (Allah) te simboliseer. Die kiebla het ’n groter funksie ook, soos dat die kop van ’n dier wat met die halaal-metode geslag word, gewoonlik met die kiebla ooreenstem. Ná hul dood word Moslems begrawe met die liggaam teen ’n regte hoek met die kiebla en die gesig gedraai in die rigting van die kiebla.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne