Leeu

Hierdie artikel handel oor die soogdier van die familie Felidae, vir ander gebruike sien Leeu (dubbelsinnig).

Leeu
Tydperk: Sedert vroeë Pleistoseen
Rustende mannetjie in Namibië
Wyfie (leeuin) by die Okonjima Lodge, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. leo
Binomiale naam
Panthera leo
Verspreiding van leeus in Afrika
Die Gir-woud in die staat Gujarat, Indië, is die laaste natuurlike habitat van ongeveer 300 wilde Asiatiese leeus. Daar word beplan om sommige van hulle na die Palpur-Kuno-reservaat in die naburige staat Madhya Pradesh te neem.
Sinonieme

Felis leo
(Linnaeus, 1758[2])

Die leeu (Panthera leo) (IFA: ♂: 'le:u 'le:ou 'liu ♀: le:'uən le:'vən / le:uvəifi) is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier "groot katte" in die genus Panthera. Dit is die naasgrootste katspesie ná die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg,[3] terwyl wyfies tussen 120 en 150 kg weeg.[4] Leeus kom in hul natuurlike omgewing tans in Afrika suid van die Sahara en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou, waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het. Tot en met die laat Pleistoseentydperk, omstreeks 12 000 jaar gelede, was die leeu die mees wydverspreide groot landsoogdier ná die mens. Hulle was oor die meeste dele van Afrika versprei, regoor Eurasië, wat vanaf Wes-Europa tot Indië gestrek het, sowel as in die Amerikas tussen Yukon en Peru.[5]

In die natuur word leeus tussen 10 en 14 jaar oud, terwyl dié in gevangenskap tot oor die 20 jaar oud kan word. In die natuur sal leeumannetjies selde ouer as tien jaar word, weens die beserings wat hulle gedurig in gevegte met mekaar opdoen en wat hul lewensduur verkort.[6] Leeus geniet 'n warm klimaat en jag in groepe. Hul tipiese habitat is die savanne en grasvelde, hoewel hulle ook na die bosse en woude kan wend. Wat ongewoon van leeus is, in vergelyking met ander katsoorte, is dat hulle ’n sosiale spesie is. ’n Trop leeus bestaan uit bloedverwante wyfies en nakomelinge en ’n klein aantal volwasse leeumannetjies. Troppe leeuinne sal gewoonlik saam jag en groot hoefdiere as prooi aanval. Leeus is as roofdiere heel boaan die voedselketting, maar sal by geleentheid ook aas. Hoewel dit nie in leeus se aard is om mense te jag nie, is enkele gevalle opgeteken waar dit wel gebeur het.

Die leeu is ’n kwesbare spesie, aangesien ’n moontlik onherroeplike bevolkingsafname van tussen 30 en 50 persent die afgelope twee dekades slegs op die Afrika-vasteland plaasgevind het.[7] Die leeubevolking is onvolhoubaar buite aangewese reservate en nasionale parke. Hoewel die oorsaak van die afname nie ten volle begryp kan word nie, speel habitatsverlies en botsings met die mens na bewering tans die grootste rol. Leeus is sedert die antieke Romeinse tyd al in dieretuine aangehou en bly vanaf die laat agtiende eeu van oraloor ’n groot aantrekkingskrag. Dieretuine span oor die wêreld heen saam om teelprogramme daar te stel met die oogmerk om die bedreigde Asiatiese subspesies van uitwissing te red.

  1. (en) Bauer, H., Nowell, K. & Packer, C. (2008) Panthera leo In: IUCN 2010. IUBN-rooilys van veilige spesies. Weergawe 2010.2. www.iucnredlist.org Besoek op 28 Augustus 2010.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Linn1758
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nowak
  4. (en) Science & Nature – Wildfacts – Lion. URL besoek op 24 Oktober 2006.
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Harington69
  6. (en) Smuts, G.L. (1982). Lion. Johannesburg: Macmillian South Africa (Publishers)(Pty.) Ltd. p. 231. ISBN 0-86954-122-6.
  7. (en) Nowell & Bauer (2004). Panthera leo. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006. Database entry includes a lengthy justification of why this species is vulnerable.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne