Letsie III

Letsie III
Koning van Lesotho
Letsie III in 2013
Dinastie Huis van Mosjesj
Bewind 12 November 199025 Januarie 1995
7 Februarie 1996hede
Volle naam David Mohato Bereng Seeiso
Ander titels motlotlehi
Gebore 17 Julie 1963
Morija, Lesotho
Voorganger Mamohato (Regent)
Lerotholi Seeiso
Opvolger Mosjesj II
Gade Anna Motšoeneng
Kinders Senate Seeiso
'M'aSeeiso
Lerotholi Seeiso
Vader Mosjesj II
Moeder Mamohato

Letsie III (gebore as David Mohato Bereng Seeiso op 17 Julie 1963 in Morija) is die huidige koning van Lesotho (Suid-Sotho: motlotlehi). Hy het sy vader, Mosjesj II, opgevolg, nadat dié in 1990 in ballingskap gedwing is. Die bewind van sy vader is later vir 'n kort rukkie herstel, maar toe hy in 1996 in 'n motorongeluk sterf, het Letsie weer koning geword. Aangesien Lesotho 'n grondwetlike monargie is, is die meeste van koning Letsie se pligte as die koning van Lesotho seremonieel van aard.[1]

Koninklike vlag van Lesotho

Hy het sy skoolopleiding in die Verenigde Koninkryk aan die Ampleforth College voltooi. Daarna het hy aan die Nasionale Universiteit van Lesotho gestudeer waar hy met 'n BA in regte gegradueer het. Hy het daarna aan die Universiteit van Bristol, die Universiteit van Cambridge en die Universiteit van Londen studeer. Hy het sy studies in 1989 voltooi, waarna hy na Lesotho teruggekeer het.[2]

  1. (en) "Lesotho profile". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 28 April 2014.
  2. (en) "His Majesty King Letsie III". Embassy of the People's Republic of China in the Kingdom of Lesotho. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 28 April 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne