Liturgiese jaar

Oktobermaand in 'n liturgiese kalender, soos vervaardig vir Abbotsbury Abbey. 13de-eeuse manuskrip (British Library, Cotton MS Cleopatra B IX, folio 59r).

Die liturgiese of kerklike jaar van die Rooms-Katolieke Kerk is nie gelyk aan die Kalenderjaar nie. Dit word ingedeel in twee kringe rondom die groot feesdae Kersfees en Paasfees. Die liturgiese jaar word ingelui met die Kerskring wat begin met die eerste Sondag van Advent (eintlik die vespers of aandgebed op die vooraand van dié Sondag), die Kersmis insluit en op die vierde Sondag ná Driekoningedag (Epifanie) eindig. Vervolgens begin die Paaskring wat, na gelang van die gebruikte liturgiese kalender, begin met Septuagesima (70 dae voor Paasfees) of Aswoensdag. Hierdie kring eindig 50 dae ná Paasfees met Pinkster. Die Sondag daarop volg Trinitatis (Drie-eenheid-Sondag) met die aansluitende 27 Sondae ná Trinitatis. Hierdie periode word verder onderverdeel in die somerkring (Trinitatis en die 12 Sondae daarna) en die herfskring (van die 13de tot die 27ste en laatste Sondag ná Trinitatis). Daarmee is die kring van die liturgiese jaar voltooi.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne