Logiese positivisme

Die logiese positivisme – ook bekend as logiese empirisisme – is 'n wysgerige stelsel gerig op die aanvaarding van slegs dit wat sintuiglik waargeneem en vasgestel kan word. Dit verwerp die nie-empiriese uitsprake wat gemaak word in die metafisika, die teologie en die etiek. Naas empiriese uitsprake aanvaar logiese positivisme ook logiese uitsprake as betekenisvol. Hierdie stroming is enersyds logies in die sin dat hul hulself veral beroep op die formele logika, andersyds positivisties en empiristiese omdat hul hulself beroep op baie idees vanuit die positivisme en empirisme.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne