Luxor

Luxor
الأقصر
ⲡⲁⲡⲉ
ⲡϣⲟⲙⲧ ⲛ̀ⲕⲁⲥⲧⲣⲟⲛ
Bynaam: Stad van Paleise
Land Vlag van Egipte Egipte
Goewernoraat Luxor
Oppervlakte
 - Totaal 43,03 km² (16,6 myl²)
Bevolking (2021)
 - Totaal 268 640
Areakode(s) (+20) 95
Webwerf: www.luxor.gov.eg

Luxor (Arabies: الأقصر al-ʾuqṣur, "die paleise") is 'n moderne stad in Bo-Egipte wat die terrein van die antieke stad Thebe insluit.

Daar word dikwels na Luxor as die "wêreld se beste opelugmuseum" verwys, omdat die ruïnes van die Egiptiese paleiskomplekse Karnak en Luxor in die moderne stad geleë is. Net oorkant die Nylrivier, aan die westeroewer, lê die monumente, tempels en grafkelders van die Thebaanse Dodeakker, wat die Vallei van die Konings en Vallei van die Koninginne insluit. Duisende toeriste van oor die wêreld besoek die stad se monumente jaarliks en dra by tot die ekonomie van die moderne stad.

Die bevolking van Luxor is 422 407 (2021),[1] en dit het 'n oppervlakte van sowat 417 km2.[2] Luxor is die hoofstad van die goewernoraat met dieselfde naam. Dit is een van die oudste aaneenlopend bewoonde stede in die wêreld.

  1. "الجهاز المركزي للتعبئة العامة والإحصاء". www.capmas.gov.eg. Besoek op 19 November 2020.
  2. "Data from Luxor.gov.eg". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2007. Besoek op 4 Junie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne