Macrinus

Macrinus
Keiser van die Romeinse Ryk
Macrinus op 'n munt uit Moesia Inferior.
Macrinus op 'n munt uit Moesia Inferior.
Regeer 217-218
Volle naam Marcus Opellius Severus Macrinus
Gebore 164/5 (Caesarea in Mauretania
Oorlede Junie 218 Archelaïs
Voorganger Caracalla
Opvolger Elagabalus
Vorstehuis Severiese dinastie
Kinders Diadumenianus

Marcus Opellius Macrinus (164? - Junie 218) was keiser van die Romeinse Ryk van 11 April 217 tot 8 Junie 218.

Op 8 April 217 nC is Romeinse Keiser Caracalla vermoor. Marcus Opellius Macrinus het die nuwe keiser geword. Tydens sy 14-maande-bewind het hy twee groot onderskeidings gekry – hy sou nooit Rome as keiser besoek nie, en hy is die eerste keiser wat nooit in die Senaat gedien het nie.[1]

Marcus Opellius Macrinus was 'n eerlik, deeglik, hardwerkend man en 'n goeie administrateur. Normaal sou Macrinus egter glad nie keiser geword het nie, want volgens konvensionele standaarde was hy heeltemal ongekwalifiseerd vir die pos.[2]

Macrinus was 'n provinsiaal in 164 nC gebore in die provinsie Mauretania Caesariensis (in moderne Algerië). Hy het geen familieverband met die Antonyne-dinastie of die familie van Septimius Severus gehad nie, en was beslis geen bloedverwant nie. In plaas van familie- of politieke verbintenisse, het Macrinus daarin geslaag om deur harde werk en betroubaarheid binne die kring rondom die keiserlike troon te kom. Hy het waarskynlik tot die eques behoort. 'n klas wat op 'n tyd perde vir Rome se leër voorsien het. [2]

Daar is verskeie verhale oor die vroeë jare van Rome se 23ste keiser, insluitend dat hy as 'n koerier en selfs as 'n gladiator gewerk het. Ons kan laasgenoemde as 'n latere laster afreken. Dit doen ook die antieke historikus Cassius Dio wat 'n tydgenoot van Macrinus was en die man se reputasie goed geken het; hy kan hom inderdaad persoonlik ontmoet het.[2]

Dit is waarskynlik dat Macrinus se ouers gerespekteerde, kleindorpse maar nie baie ryk mense was nie. Hulle kon nogtans hul seun se opleiding as 'n prokureur betaal .[2]

Gelukkig vir Macrinus sou hy bo sy lae geboorte uitstyg en opleiding as prokureur ontvang[1]

Min anders is bekend van Macrinus tot die bewind van keiser Septimius Severus (193 – 211 nC). Plautianus, die bevelvoerder van die Praetoriaanse Garde, het hom as 'n rentmeester benoem. [1] Teen hierdie tyd was Macrinus getroud, met 'n vrou van wie ons net die naam ken, Nonia Celsa, en dit uit 'n onbetroubare bron: die berugte fout-geneigde Historia Augusta. Uiteindelik het Macrinus van keiserlike funksionaris na keiserlike hofdienaar oorgeskakel en 'n reeks poste in die huishouding van Septimius Severus beklee. Toe Severus gesterf het, is Macrinus in beheer geplaas van die finansies van die nuwe mede-keisers, Geta en Caracalla.[2] Lojaal en betroubaar soos hy ook al was, moes Macrinus 'n mate van politieke vermoë gehad het, want hy het nie net sy beskermheer se genadeval oorleef nie, maar het daarna selfs daarin geslaag om bevordering te kry. Hierdie bevordering was na die pos van bestuurder van die belangrike Via Flaminia, een van die hoofpadslagare van Italië.[2]

Onder keiser Caracalla in 212 nC word hy die bevelvoerder van die Garde. Hierdie posisie het hom die geleentheid gebied om onder keiser Caracalla as tweede in bevel teen die Parthiërs in die ooste te dien. Die soms buierige en onvoorspelbare keiser het egter die ambisieuse Macrinus begin vrees, nadat hy gerugte gehoor het dat 'n waarsêer voorspel het dat die bevelvoerder binnekort die keiser sou word. Met die besef dat sy tyd as keiser bedreig is, het Caracalla na bewering die teregstelling van Macrinus beveel. Dit was toe dat die bevelvoerder besluit het hy moet óf die keiser doodmaak óf self doodgemaak word.[1]

Toe die keiser wat na die tempel van die maangodin Luna naby Carrhae gereis het om dit te besoek, het Macrinus die geleentheid aangegryp. Op 8 April 218 nC toe Caracalla langs die pad gestop het om homself te verlig, het een van sy lyfwagte agter hom aangekom met 'n swaard in die hand en die niksvermoedende keiser doodgesteek. Macrinus het met die liggaam van Caracalla na die kamp teruggekeer en beweer dat hy reeds die keiser se moordenaar vermoor het. Caracalla se as is na Rome gestuur en in die Mausoleum van Hadrianus begrawe. Volgens Herodianus se Geskiedenis van die Romeinse Ryk was die Senaat verheug:[1]

...die juigende Senaat het Macrinus al die keiserlike eerbewyse toegewys; die feit is egter dat hulle nie soseer verheug was oor Macrinus se opvolging nie as oor hul eie verlossing van Caracalla. Elke man het gevoel dat hy aan 'n swaard ontsnap het wat oor sy kop gehang het.

Caracalla was die laaste van sy lyn. Hy was deur die senaat gehaat en het geen erfgenaam aangestel. Daarom het sy dood 'n magsvakuum aan die bokant gelaat. Na 'n paar oorwegings het die weermag besluit om Macrinus te steun bloot omdat hulle aan niemand beter kon dink nie.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WorldH
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named UNVR

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne