Meintjieskop

Uniegebou teen Meintjieskop

Meintjieskop of Meintjeskop is 'n koppie in Pretoria. Die Uniegebou is teen die suidehang van Meintjieskop geleë.

Meintjeskop is vernoem na Stephanus Jacobus Meintjes wat van Graaff-Reinet na Pretoria gekom het. Meintjes het 'n gedeelte van die ou plaas Elandsfontein, wat oorspronklik aan Marthinus Wessel Pretorius behoort het, op 7 April 1865 vir £2 400 van Andries du Toit gekoop. Du Toit het die grond waar die Uniegebou vandag staan uit die boedel van Gerrit Bronkhorst gekoop. Oorspronklik is daar na "Meintjes se kop" verwys, maar reeds in 1870 het dit as Meintjeskop bekend gestaan.[1]

  1. Rosa Swanepoel, Meintjeskop, Pretoria Nuusbrief, April 2006, afgelaai op 24 Desember 2008

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne