Melbourne-krieketveld

Melbourne-krieketveld
2017 AFL Grand Final panorama gedurende die speel van die nasionale lied

Bynaam The MCG, The "G"
Ligging Melbourne, Victoria, Australië
Koördinate 37°49′12″S 144°59′0″O / 37.82000°S 144.98333°O / -37.82000; 144.98333
Eienaar Regering van Victoria
Operateur Melbourne Krieketklub
Kapasiteit 100 024
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1853
Huurders
Melbourne Football Club (1858–hede)
Richmond Football Club (1965–hede)
Collingwood Football Club (1993–hede)
Hawthorn Football Club (2000–hede)
Australiese nasionale krieketspan (1877–hede)
Victorian Bushrangers (1851–hede)
Melbourne Stars (BBL; 2011–hede)
Melbourne Stars (WBBL; 2015–hede)

Die Melbourne-krieketveld (Engels: Melbourne Cricket Ground, kort MCG), ook bloot bekend as "The G",[1] is 'n Australiese sportstadion geleë in Yarra Park, Melbourne, Victoria. Dit is die tuiste van die Melbourne Krieketklub.

Dit is die tiende grootste sportstadion ter wêreld, die grootste in Australië, en die grootste in die Suidelike Halfrond, die grootste krieketstadion volgens kapasiteit, en het die hoogste spreiligtorings van enige sportplek.[2]

Die MCG is binne loopafstand van die stadsentrum en word bedien deur die Richmond- en Jolimont-stasies, Oos-Melbourne. Dit is deel van die Melbourne Sport- en Vermaaklikheidsgebied. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan, asook tydens die Olimpiese Somerspele 1956 en die Olimpiese Somerspele 2000.

  1. (en) Chappell, Ian (26 Desember 2010). "Heroes wanted: Apply at the 'G". Herald Sun. Besoek op 29 Desember 2010.
  2. (en) "Melbourne Cricket Ground". Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 20 Februarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne