Meso-Amerika

Kultuurlandskappe in Meso-Amerika
Balspelbaan in Monte Albán

Meso-Amerika[1] (Spaans: Mesoamérica; letterlik "Sentraal-Amerika" in Grieks) is 'n historiese kultuurlandskap in die huidige Sentraal-Amerika, waar vergelykbare beskawings tot die ontdekking van Amerika deur Christophorus Columbus in 1492 en die daaropvolgende Spaanse verowering in die 15de en 16de eeu bestaan het.[2][3]

Hierdie beskawings sluit in die Nahua (Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke), Boruca, Chichimeke, Huaxteke, Huichole, Maja (Lacandone), Mayangna, Mazateke, Mixe, Mixteke, Olmeke, Otomí, Purépecha, Totonake en Zapoteke.

Die gebied van Meso-Amerika maak deel uit van die huidige lande Meksiko, Belize, Guatemala, El Salvador, Honduras, Nicaragua en die noorde van Costa Rica.

Volgens die OESO se definisie is Meso-Amerika in ekonomiese opsigte 'n multinasionale streek in Sentraal-Amerika, wat uit die lande Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Nicaragua en Panama, asook die nege suidoostelike Meksikaanse deelstate Campeche, Chiapas, Guerrero, Oaxaca, Puebla, Quintana Roo, Tabasco, Veracruz en Yucatán bestaan.

  1. (es) Paul Kirchhoff: Mesoamérica, sus límites geográficos, composición étnica y carácteres culturales. in: Acta Americana 1, Washington, D.C. 1943, bl. 92–107
  2. (en) "Meso-America." Oxford English Reference Dictionary, 2nd ed. (rev.) 2002. ISBN 0-19-860652-4 Oxford, UK: Oxford University Press; bl. 906.
  3. (es) Atlas del México Prehispánico. Revista Arqueología mexicana. Número especial 5 Julie 2000. Raíces/ Instituto Nacional de Antropología e Historia. Meksiko.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne