Moesel

Moesel
Die Moesel se uitmonding in die Ryn by Koblenz, Duitsland; bekend as "Deutsches Eck".
Die Moesel se uitmonding in die Ryn by Koblenz, Duitsland; bekend as "Deutsches Eck".
Die Moesel se uitmonding in die Ryn by Koblenz, Duitsland; bekend as "Deutsches Eck".

Die stroomgebied van die Moesel.

Oorsprong Col de Bussang, Vogese, Grand Est, Frankryk
Monding Koblenz, Rynland-Palts, Duitsland
Ryn
Stroomgebied Frankryk, Luxemburg, Duitsland
Lengte 545 km (339 myl)
Oorspronghoogte 731 m (2 398 voet)
Mondinghoogte 696,5 m (2 285 voet)
Gemiddelde afloop 290 m³/s (10 000 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 28 286 km² (10 921 myl²)
Kaart van die Moesel-bekken in Frankryk.
Kaart van die Moesel-bekken in Frankryk.

Die Moesel (Duits: Mosel, [ˈmoːzəl]; Frans: Moselle, [mɔzɛl]; Luxemburgs: Musel; Latyn: Mosella) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Frankryk, Luxemburg en Duitsland. Die rivier, met 'n lengte van 545 km, is die tweede langste sytak van die Ryn net na die Maas. Laasgenoemde was tussen 1904 en 1970 'n selfstandige rivier en is ook die naamgewer van die Moesel (Latyn: Mosella, letterlik: "kleine Maas"). Die Moesel vloei onder ander deur die Franse départements Vosges, Meurthe-et-Moselle en Moselle asook deur die Duitse deelstate Saarland en Rynland-Palts.

Die bron van die Moesel by die Col de Bussang
Die Moesel in Pont-à-Mousson, Frankryk

Die Moesel ontspring by die Col de Bussang in die Vogese in die Franse gewes Grand Est van die historiese streek Lotaringe. Net wes ontspring die Maas en die Saône; laasgenoemde is 'n sytak van die Rhône. Aansluitend vloei die Moesel in 'n noordwestelike rigting deur Remiremont, Épinal en Charmes. Net wes van Nancy maak die Moesel 'n wye book in 'n westelike rigting en vloei hier deur Toul. Vervolgens begin die rivier in 'n noordelike rigting vloei en bereik Metz. Verder noord verlaat die Moesel Frankryk en bereik die grens tussen Duitsland in die ooste en Luxemburg in die weste. Aansluitend vloei die Moesel in 'n noordoostelike rigting deur Duitsland en bereik Trier. Die Moeselvallei tussen Eifel in die noorde en Hunsrück in die suide is gekenmerk van die sterk kronkelende kursus met baie wingerde aan soms baie steil hellings. In Koblenz mond die Moesel in die middelloop van die Ryn uit. Hierdie uitmonding staan bekend as "Deutsches Eck".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne