Moesia Superior

Moesia Superior binne die Romeinse Ryk.

Moesia Superior was 'n Romeinse provinsie.[1][2]

Die grootste deel van die provinsie Moesia Superior lê binne die grense van die huidige Republiek Serwië. Die huidige Noord-Masedonië sluit die Skopje-streek in die suide van Moesia Superior in, saam met die noordelike distrikte van die Romeinse provinsie Masedonië.[3]

Die Donau van Moesia Superior begin by die Sava-samevloeiing oorkant die Serwiese hoofstad Belgrado. Hier was 'n legioenêre vesting, en laer nog 'n tweede vesting, Viminacium, Die rivier vloei vir 150 km deur 'n opeenvolging van klowe dikwels bekend as Djerdap (die Turkse woord vir 'kolk'), waarna die dubbele draaie ('papegaaibek') kom, tot by die Serwies-Bulgaarse grens by die rivier Timok.[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named thoughtco
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named unrv
  3. 3,0 3,1 Wilkes, J. J. (2005). ""The Roman Danube: An Archaeological Survey."". The Journal of Roman Studies. 95: 124–225.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne