Monaco-renbaan

Monaco-renbaan
Ligging Monte Carlo, Monaco
Tydsone UTC+01:00
Koördinate 43°44′5″N 7°25′14″O / 43.73472°N 7.42056°O / 43.73472; 7.42056
FIA Gradering 1
Groot byeenkomste Formule Een
Monaco Grand Prix
Grand Prix-renbaan
Lengte 3.337 km (2.074 mi)
Draaie 19
Rondterekord 1:18.063 (Daniel Ricciardo, Red Bull-Renault, 2015)
5de variasie (2003–2014)
Lengte 3.340 km (2.075 mi)
Draaie 19
Rondterekord 1:14.439 (Michael Schumacher, Ferrari, 2004)
4de variasie (1997–2002)
Lengte 3.370 km (2.094 mi)
Draaie 25
Rondterekord 1:18.023 (Rubens Barrichello, Ferrari, 2002)

Die Monaco-renbaan is 'n motorrenbaan in Monte Carlo, Monaco waar die Monaco Grand Prix, 'n Formule Een straatwedren, jaarliks in Mei aangebied word.

Die wedren vind op die smal strate van Monte Carlo plaas, met baie hoogteverskille en skerp draaie sowel as 'n lang tonnel, wat dit een van die veeleisendste bane in Formule Een maak. Ten spyte van 'n relatief lae gemiddelde spoed, is dit 'n gevaarlike plek om te jaag. Dit is die enigste Grand Prix wat nie aan die FIA se vereiste minimumafstand van 305 kilometer (190 myl) voldoen nie. Die ren word jaarliks slegs op die kalender gehou weens "die baan se buitengewone ligging van glans en prestige".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne