Naaksadiges

Gymnospermae
Tydperk: 280–0 m. jaar gelede
Picea glauca
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum

Pinophyta (of Coniferophyta) – Konifere
GinkgophytaGinkgo
Cycadophyta – Sikadeë
GnetophytaGnetum, Ephedra, Welwitschia

Die naaksadiges (Gymnospermae) is 'n groep saadlewerende plante, wat die bedeksadiges (blomdraende plante) uitsluit. Hulle vorm, saam met bedeksadiges, die groep plante wat sade voortbring. Naaksadiges verskil egter van bedeksadiges deurdat hulle naakte sade in keëls of aan oop strukture dra. Bedeksadiges, daarteenoor, dra blomme en het ingeslote saadknoppe.

Die naaksadige plante of gimnosperme is 'n groep houtagtige plante, hoofsaaklik bome, wat reeds baie lank gelede ontstaan her. In plaas van blomme het hulle manlike en vroulike sporofille spoordraende blare (sporofille) wat meestal in afsonderlike keëls bymekaar gegroepeer is. Stuifmeelsakkies kom aan die onderkant van die manlike sporofille voor, terwyl die saadknoppe bo-op die vroulike sporofille lê. Die sade word nie soos by die blomplante deur 'n vrugbeginsel omring nie.

Die groep as geheel het die hoogtepunt van sy ontwikkeling in die Mesosoïkum (230 tot 60 miljoen jaar gelede) bereik, maar was reeds in die Karboon (345 tot 230 miljoen jaar gelede) volop en het grotendeels bygedra tot die steenkoolafsettings wat uit daardie tydperk gevorm is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne