Olimpiese Winterspele 1972

XIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1972

Gehou in Sapporo, Japan
Deelnemende lande 35
Deelnemende atlete 1 006 (801 mans, 205 vroue)[1]
Items 35 in 6 sporte
Openingseremonie 3 Februarie 1972
Sluitingseremonie 13 Februarie 1972
Amptelik geopen deur Keiser Hirohito
Atlete-eed Keiichi Suzuki (langbaanskaats)
Beampte-eed Fumio Asaki (skansspring)
Olimpiese vlam Hideki Takada
Vorige Spele 1968: Grenoble (Frankryk)
Volgende Spele 1976: Innsbruck (Oostenryk)

Die Olimpiese Winterspele 1972 (Japannees: 第十一回オリンピック冬季競技大会, Dai Jūichi-kai Orinpikku Tōkikyōgi Taikai), amptelik bekend as die XIde Olimpiese Winterspele, is tussen 3 en 13 Februarie 1972 in Sapporo, Japan, aangebied. Die ander kandidaatstede was Banff (Kanada), Lahti (Finland) en Salt Lake City (Verenigde State). Dit is die eerste keer dat die Olimpiese Winterspele nie in Europa of die Verenigde State gehou is nie. Die Olimpiese Somerspele 1972 is in München, Wes-Duitsland, aangebied.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne