Olimpiese Winterspele 1988

XVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1988

Gehou in Calgary, Kanada
Deelnemende lande 57
Deelnemende atlete 1 423 (1 122 mans, 301 vroue)[1]
Items 46 in 6 sporte
Openingseremonie 13 Februarie 1988
Sluitingseremonie 28 Februarie 1988
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal Jeanne Sauvé
Atlete-eed Pierre Harvey (Noorse ski)
Beampte-eed Suzanne Morrow (kunsskaats)
Olimpiese vlam Robyn Perry
Vorige Spele 1984: Sarajevo (Joego-Slawië)
Volgende Spele 1992: Albertville (Frankryk)

Die Olimpiese Winterspele 1988 (Engels: 1988 Winter Olympics, Frans: Les XVes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XVde Olimpiese Winterspele, is tussen 13 en 28 Februarie 1988 in Calgary, Kanada, aangebied. Die ander kandidaatstede was Falun in Swede en Cortina d'Ampezzo in Italië.

Dit was die eerste Olimpiese Winterspele wat in Kanada beslis is en die tweede spele naas die Olimpiese Somerspele van 1976. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 2010 aanbied.

Die Olimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is tussen 17 en 24 Januarie in Innsbruck, Oostenryk, gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne