Onbemande vliegtuig

'n Onbemande vliegtuig (Engels: unmanned aerial vehicle (UAV) of onbemande lugtuig (Engels: uncrewed aerial vehicle) is 'n vliegtuig sonder 'n menslike vlieënier aan boord. Dit word dus beheer deur middel van afstandbeheer of deur 'n rekenaar. Die vlieg van 'n onbemande vliegtuig kan met verskillende grade van outonomie werk: hetsy onder afstandbeheer deur 'n menslike operateur of outonoom deur aanboordrekenaars. Dit word ook 'n hommeltuig (Engels: drone) genoem.

In vergelyking met vliegtuie wat beman is word onbemande vliegtuie oorspronklik gebruik vir missies wat te "vervelig, vuil of gevaarlik" is vir mense. Terwyl hulle meestal in militêre toepassings ontstaan het brei die gebruik daarvan vinnig uit na kommersiële, wetenskaplike, ontspannings-, landbou- en ander toepassings, soos polisiëring en waarneming, aflewering van produkte, lugfotografie, smokkel, en hommeltuig resies. Daar is tans baie meer burgerlike hommeltuie as militêre hommeltuie met ramings van meer as 'n miljoen van eersgenoemde wat in 2015 verkoop is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne