Paleis van Kultuur en Wetenskap



Paleis van Kultuur en Wetenskap

Pałac Kultury i Nauki (PKiN)


Ligging
Warskou, Pole


Argitektoniese styl
Sosialistiese klassisisme


Boutyd
1952–1955


Hoogte
Antenne: 231 m
Dak: 188 m (sonder toringspits)


Verdiepings
42


Boumateriaal
Sandsteen
Steen


Argitek

Lef Roednef (1885–1956)

Die Paleis van Kultuur en Wetenskap (Pools: Pałac Kultury i Nauki, afgekort PKiN) is 'n wolkekrabber in die middestad van Warskou wat tussen 1952 en 1955 in die styl van die Sosialistiese klassisisme opgerig is. Met 'n hoogte van 231 meter is dit tans die hoogste gebou in die Republiek van Pole.

Die wolkekrabber was ná sy voltooiing die tweede hoogste gebou in Europa ná die Paryse Eiffeltoring en is oorspronklik na sy opdraggewer, Sowjet-diktator Josef Stalin, vernoem en het sodoende bekend gestaan as "Josef Stalin-paleis van Kultuur en Wetenskap" (Pałac Kultury i Nauki imienia Józefa Stalina). Stalin se naam is tydens die proses van destalinisering uit die voorsaal en van een van die gebou se skulpture verwyder.

As 'n simbool van totalitêre onderdrukking en Sowjet-Russiese heerskappy oor Pole was die Kultuurpaleis van die begin af ongewild by die Warskouse bevolking, maar dit is lankal een van die bekendste bakens van die Poolse hoofstad en huisves tans 'n aantal rolprentteaters, skouburge en museums.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne