Parodie

Die komediant Charlie Chaplin wat hom as Hitler voordoen vir komiese effek in die satiriese rolprent The Great Dictator (1940)

'n Parodie is 'n werk wat geskep is om 'n oorspronklike werk na te boots, daarmee te spot of daarop kommentaar te lewer deur van satiriese of ironiese nabootsing gebruik te maak. Dit is gewoonlik op die onderwerp, styl of outeur van die oorspronklike werk gerig. Parodie kan in kuns of kultuur voorkom, insluitend letterkunde, musiek (alhoewel "parodie" in musiek 'n vroeër, ietwat ander betekenis as by die ander kunsvorms het), animasie, videospeletjies en rolprente.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne