Paul Mashatile

Paul Shipokosa Mashatile
Paul Mashatile

Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Maart 2023
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur David Mabuza

11de Adjunkpresident van die African National Congress
Ampsbekleër
Termynaanvang
19 Desember 2022
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur David Mabuza

Tesourier-generaal van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember 2017 – 19 Desember 2022
Voorafgegaan deur Zweli Mkhize
Opgevolg deur Gwen Ramokgopa

Minister van Kuns en Kultuur
Ampstermyn
1 November 2010 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Lulama Xingwana
Opgevolg deur Nathi Mthethwa

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Oktober 1961 (1961-10-21)
Gerhardsville, Pretoria
Politieke party African National Congress

Paul Shipokosa Mashatile (gebore 21 Oktober 1961) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die African National Congress wat tans dien as adjunkpresident van Suid-Afrika asook as adjunkpresident van die ANC. Hy was voorheen 'n anti-apartheidsaktivis in die United Democratic Front, en 'n lid van president Jacob Zuma se eerste kabinet, wat tussen 2010 en 2014 as Minister van Kuns en Kultuur gedien het. Voor dit was hy van 2008 tot 2009 kortstondig Premier van die Gauteng provinsie. Tussen 1996 en 2008, en later tussen 2014 en 2018, het hy verskeie ministeriële portefeuljes in die Gautengse provinsiale regering beklee. Hy bly veral invloedryk in Gauteng, sy tuisprovinsie, waar hy ook tussen 2007 en 2017 ANC provinsiale voorsitter was.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne