Prins-Edward-eiland

Vir die Suid-Afrikaanse eilande, sien asb. Prins Eduard-eilande.
Île-du-Prince-Édouard
Prince Edward Island
Prins-Edward-eiland
Vlag Landswapen
(Vlag van Prins-Edward-eiland) (Landswapen van Prins-Edward-eiland)
Leuse : Parva sub Ingenti
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Charlottetown
46° 14' N, 63° 09' W
Grootste stad Charlottetown
Goewerneur-generaal Antoinette Perry
Eerste Minister Dennis King (PC)
Oppervlakte 5 683,56 km²
 - Land 5 683,56 vk km
 - Water 0 vk km (0%)
Bevolking (1ste kwartaal 2015)
 - Totaal 146 455 inw.
 - Digtheid 25,8 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 1 Julie 1873
Verteenwoordiging in die Parlement
 - Parlement 4
 - Senaat 4
Posafkorting PE
Voorsetsel by poskode C
Tydsone UTC -41
Internet-domein .pe.ca

Prins-Edward-eiland of Prins-Eduard-eiland (Engels: Prince Edward Island, dikwels kort PEI of P.E.I., Frans: Île-du-Prince-Édouard, Mi'kmaq: Epekwitk of Abegweit) is 'n eiland en Atlantiese provinsie van Kanada. Die eiland, wat dikwels ook die "Tuin in die Golf" genoem word, is die kleinste provinsie in die Kanadese Federasie en vernoem na Prins Edward Augustus, hertog van Kent (1767-1820), die vader van koningin Victoria.

Die halfmaanvormige eiland in die Golf van Sint-Laurens word danksy sy ligging agter die rotskuste van die eiland Newfoundland in die ooste en die Provinsie Nova Scotia in die weste teen die tierende Atlantiese stormwinde beskerm en het gevolglik 'n meer gematigde klimaat as die ander seeprovinsies van Kanada. Prins-Edward-eiland word sedert 1997 deur die Konfederasie-brug met die provinsie Nieu-Brunswyk in die weste verbind.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne