Proet

Proet
Die Proet naby Howerla, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne.
Die Proet naby Howerla, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne.
Die Proet naby Howerla, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne.

Die stroomgebied van die Proet.

Oorsprong naby Howerla, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne
Karpate (Woudkarpate)
Monding tussen Galați (Roemenië) en Giurgiulești (Moldowa)
Donau
Stroomgebied Oekraïne, Roemenië, Moldowa
Lengte 953 km (592 myl)
Gemiddelde afloop 110 m³/s (3 900 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 27 500 km² (10 600 myl²)

Die Proet (Duits: Pruth; Roemeens: Prut, [prut], Oekraïens: Прут) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Europa. Die rivier, met 'n lengte van 953 km, vorm die derde grootste sytak van die Donau na die Tisza en die Sava. Die Proet is die laaste groot sytak van die Donau voor sy monding in die Swartsee en is veral as grensrivier tussen verskeie voormalige lande en ryke van historiese belang.

Die Proet as grensrivier tussen Moldowa (regs) en Roemenië (links)

Die Proet ontspring naby die berg Howerla, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne, in die Karpate, net noord van die grens tot Roemenië. Net wes ontspring die Tisza, 'n ander groot sytak van die Donau. Aansluitend maak die Proet 'n skerp boog in 'n noordelike rigting, voordat hy in 'n suidoostelike rigting begin vloei en na sowat 100 km Tsjerniftsi, hoofstad van die gelyknamige oblast en historiese sentrum van die Boekowina, bereik. Na 'n verdere 100 km vloei die Proet in 'n suidelike rigting en vorm vir die res van sy loop die grens tussen Moldowa en Roemenië, parallel tot die Siret verder wes. Net oos van Galați, Roemenië, mond die Proet naby Giurgiulești, Moldowa, in die Donau uit, net oos van die Siret se monding in die Donau en voordat die Donau sy mondingsdelta in die Swartsee bereik.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne