Ra

Ra
Die Songod Ra
Die Songod Ra
Soort god  Egipties
God van Son en glans
Naam in hiërogliewe
r
a
N5
Z1
C2

of
N5
Z1
C2

of
C2N5
Kultussentrum  Heliopolis
Simbool Sonskyf
Ouers Neith en Khnum of Nun
Sibbes Apep, Thoth, Sobek, Serket, Hathor
Metgesel Hathor, Isis, en sommige sê Sechmet and Bastet
Kinders Shu, Tefnut, Bastet, Ma'at
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Ra (soms ook Re) is die Oud-Egiptiese Songod. Hy word as die belangrikste van die nege gode (die Ennead) in die Egiptiese mitologie beskou. Ra is die God van die Oorsprong, wat uit die sogenaamde Oerheuwel verrys en die mensdom geskep het. Hy is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de Dinastie is die naam "Seun van Ra" aan die Egiptiese farao's toegeken.

Oud-Egiptiese afbeeldings vertoon Ra met 'n sonskyf op sy kop. Volgens die legende het die gode aan die begin van die skepping as konings op die Aarde geheers. Ra was die eerste van hierdie konings en het hom volgens oorlewering later na die hemel teruggetrek. Daar is geglo dat hy oor al die gedeeltes van die geskape wêreld geheers het: die lug, die aarde en die onderwêreld.[1] Die mense self is uit Ra se trane en sweet geskep, vandaar dat die Egiptenaars hulleself die "Beeste van Ra" genoem het. Ra vaar bedags met die sonskip deur die hemel. Snags vaar hy met die nagskip deur die Doderyk.

  1. The Routledge Dictionary of Egyptian Gods and Goddesses, George Hart ISBN 0-415-34495-6

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne