Regstreekse buitelandse belegging

Die term regstreekse buitelandse belegging (RBB; Engels: foreign direct investment, FDI) verwys na die netto-toevloei van buitelandse beleggingskapitaal om aandele van 'n maatskappy (ten minste tien persent van die totale effekte) te koop wat in 'n ander nasionale ekonomie sake doen as dié van die belegger. Regstreekse buitelandse beleggings behels drie bestanddele: Belegging in aandele, herbelegging van inkomste en kort- en langtermynlenings tussen die moedermaatskappy (of multinasionale onderneming) en sy buitelandse filiaalmaatskappye.

Die totale wêreldwye bedrag van regstreekse buitelandse beleggings het in 2001 VSA-$ 1 300 miljard beloop. Regstreekse buitelandse beleggings verskaf aan die lande wat dit ontvang naas kapitaal ook toegang tot buitelandse tegnologie en vakkennis en bevorder sodoende dikwels ekonomiese groei en ontwikkeling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne