Richard I van Engeland

Richard I (Leeuehart)
Koning van Engeland

Huis Angevyne (Plantagenêt)
Regeer 6 Julie 11896 April 1199
Voorganger Hendrik II
Opvolger Jan Sonder Land
Eggenote Berengaria van Navarra
Gebore 8 September 1157
Oorlede 6 April 1199
Vader Hendrik II
Moeder Eleonore van Akwitanië

Richard I Leeuehart (Frans: Richard Cœur de Lion, Engels: Lionheart; 8 September 11576 April 1199) was van 1189 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die tweede seun van Hendrik II en Eleonore van Akwitanië, een van die kunssinnigste persoonlikhede in Middeleeuse Europa. So het Richard hom ook as digter en troubadour bekwaam.[1]

Richard I se lewe en die keuses, wat hy gemaak het, weerspieël die feit dat hy meer was as net die koning van Engeland. Groot dele van sy besittings was op die Europese vasteland, in die weste van Frankryk, geleë, terwyl sy politieke belange nog verder gestrek het. Gedurende sy regentskap van tien jaar het hy slegs sowat ses maande lank in Engeland gebly.

Ook was hy, net soos sy Normandiese voorgangers, Engels nouliks magtig. Sy Engelse onderdane het nogtans sy prestasies as kruisridder en militêre leier in die Heilige Land tydens die Derde Kruistog gewaardeer en bewonder. Engeland was vir die duur van sy afwesigheid immers in goeie hande en het tydens sy regentskap 'n bloeitydperk beleef.

  1. Forward to the Past - Poetry Spotlight: “Ja Nus Hons Pris,” by Richard the Lionheart. Besoek op 11 September 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne