Robin Peterson | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | ||||||
Volle naam | Robin John Peterson | |||||
Gebore | 4 Augustus 1979 Port Elizabeth, Kaapprovinsie, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Robbie P | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Linkerarm stadig ortodoks | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 291) | 1-4 Mei 2003 v Bangladesj | |||||
Laaste Toets | 12 Februarie 2014 v Australië | |||||
Toetshempno. | 56 | |||||
EDI debuut (no 70) | 25 September 2002 v Indië | |||||
Laaste EDI | 11 November 2013 v Pakistan | |||||
T20I debuut (no 22) | 24 Februarie 2006 v Australië | |||||
Laaste T20I | 3 Maart 2013 v Pakistan | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1997–2004 | Oostelike Provinsie | |||||
2004–2009 | Warriors | |||||
2009–huidig | Kaapse Kobras | |||||
2010 | Derbyshire | |||||
2012 | Mumbai Indians | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | T20I | |
Wedstryde | 14 | 77 | 134 | 206 | 20 | |
Lopies aangeteken | 433 | 545 | 4,504 | 2,885 | 120 | |
Kolfgemiddeld | 28.86 | 20.96 | 25.73 | 25.53 | 15.00 | |
100s/50s | 0/2 | 0/1 | 6/17 | 1/16 | 0/0 | |
Hoogste telling | 84 | 68 | 130 | 101 | 34 | |
Aflewerings geboul | 2,311 | 3,193 | 24,149 | 8,589 | 335 | |
Paaltjies | 35 | 70 | 373 | 224 | 21 | |
Boulgemiddeld | 36.57 | 37.20 | 32.79 | 29.84 | 20.14 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 1 | 0 | 15 | 4 | 0 | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n/a | 1 | - | - | |
Beste boulontleding | 5/33 | 4/12 | 6/67 | 7/24 | 3/30 | |
Vangskote/Stonkings | 8/– | 27/- | 63/- | 78/- | 9/- | |
Bron: Cricinfo, 12 Februarie 2014 |
Robin John Peterson (* 4 Augustus 1979 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n linkerarm-bouler en veelsydige speler. Hy het by Alexander Road High School in Port Elizabeth gematrikuleer in 1997. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.
Peterson maak sy EDI-debuut op 25 September 2002, teen Indië in Colombo. Hy het 15 toetse en meer as 70 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003, 2007 en 2011, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006, 2009 en 2013, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 en 2012 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy hou die twyfelagtige rekord as die bouler van wie Brian Lara 'n wêreldrekord van 28 lopies in 'n enkele boulbeurt gemoker het.[1]
In Desember 2009 word daar aangekondig dat hy 'n Kolpak-kontrak onderteken het om vir Derbyshire graafskapskrieket te speel.[2]
Hy is in die 2012 Indiese Premier League spelersveiling deur die Mumbai Indians vir $ 100 000 gekoop.[3]