Rosario

Rosario

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Argentinië Argentinië
 Provinsie Santa Fe
 Departamento Rosario
 Koördinate 32°57′S 60°38′W / 32.950°S 60.633°W / -32.950; -60.633
 Gestig op 7 Oktober 1793
 Hoogte bo seevlak 31 m
 Oppervlak:  
 - Totaal 178,69 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 1 276 000
 - Bevolkingsdigtheid 6 680/vk km
 - Gran Rosario 1 235 558
 Tydsone UTC -3 (ART)
 Somertyd UTC -2 (ARST)
 Burgemeester Pablo Javkin (CREO)
 Amptelike webwerf rosario.gov.ar

Rosario (Spaans: [roˈsaɾjo]) is die derde grootste stad van Argentinië na Buenos Aires en Córdoba en die grootste stad van die provinsie Santa Fe met 'n oppervlakte van 179 vierkante kilometer en 'n bevolking van meer as een miljoen. Rosario is die administratiewe hoofstad van die gelyknamige departamento.

Die Rosario-Victoria-brug oor die Paraná-delta

Rosario lê aan die westelike oewer van die Paraná-rivier, sowat 300 kilometer noordwes van Buenos Aires, in die sentrum van Argentinië se mees belangrike nywerheidskorridor. Saam met sy voorstede en aangrensende munisipaliteite vorm die stad die metropolitaanse gebied van Gran Rosario met 'n bevolking van meer as 1,2 miljoen (2009).

Rosario is 'n beduidende spoorwegsentrum en die belangrikste rivierhawe in Noordwes-Argentinië, wat danksy sy diepte van 34 voet ook as diepseehawe vir oseaanskepe dien. Die hawe hanteer uitvoergoedere soos graan, meel, hooi, lynsaad en ander plantaardige olies, mielie, suiker, timmerhout, vleis, velle en wol. Die belangrikste plaaslike nywerheidsprodukte is meelblom, suiker, vleis en ander verwerkte voedsel. 'n Brug oor die Paraná se rivierdelta verbind Rosario sedert 2003 met Victoria.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne