Ruitersport

Piktogram wat ruitersport aandui
Die dressuuritem
Die springitem
'n Perderesies word gejaag

Ruitersport is 'n versameling van sporte waartydens een of meer perde gebruik word.

Tydens die Olimpiese Spele ding mans en vroue op gelyke vlak met mekaar mee. Medaljes word aan beide die ruiter en sy perd toegeken. Die items sluit in: dressuur (gehoorsaamheid en bewegings, ook genoem dressage), spring (oor hindernisse) en 'n driefasekompetisie. Laasgenoemde is 'n kombinasie van dressuur, spring en 'n veldwedloop.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne