Runkelstein-kasteel

Die Runkelstein-kasteel (opgerig tussen 1237 en 1242)
Die oudste bekende muurskildery in Europa wat 'n hoofse dansgeselskap uitbeeld. Die fresko's van Runkelstein is in die Gotiese styl uitgevoer
Die lanstoernooi (bo), hoofse balspeel (links) en reidans (regs)
'n Hoofse balspeel
Die sogenaamde Tristan en Isolde-siklus, uitgevoer as monochrome groen terraverde-skildery

Die Runkelstein-kasteel (Duits: Schloss Runkelstein, Italiaans: Castel Roncolo) is 'n Middeleeuse hoogteburg net buite die nedersetting Ritten naby Bozen (Bolzano) in Suid-Tirol, uniek vir sy omvangryke wêreldlike fresko's in die Gotiese styl - die grootstes in Europa wat tussen 1388 en 1410 ontstaan het en die oudste bekende uitbeeldings van adellike hoofse dansgeselskappe bevat - naas jagtonele, literêre motiewe uit die Tristan en Isolde-verhaal en 'n ridderlike lanstoernooi.

Runkelstein is as 'n feitlik oninneembare vesting op 'n rots bo-oor die Talferrivier opgerig, naby die poort tot die Sarnvallei. In teenstelling met ander Suid-Tiroolse kastele is sy oorspronklike Middeleeuse karakter nie deur latere wysigings of renovasies aangetas nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne