Samsara

’n Tradisionele Tibettaanse kunswerk wat die vlakke van samsara wys.

Samsara (Sanskrit: saṃsāra), is die herhalende siklus van geboorte, lewe en die dood (reïnkarnasie) sowel as ’n mens se optrede en die gevolge daarvan in die verlede hede en toekoms. Dit kom voor in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bon, Djainisme, Taoïsme,[1] en Sikhisme.

Volgens dié gelowe is ’n mens se huidige lewe net een van baie lewens wat terugstrek in die verlede en vooruitstrek na toekomstige inkarnasies. Tydens elke lewe bepaal die gehalte van jou dade (karma) jou toekomstige lot. Die Boeddha het geleer dié siklus het geen begin nie, maar ’n mens kan dit beëindig deur insig in realiteit te kry. Die doel van hierdie gelowe is om hierdie waarheid te besef, waarna moksha of nirwana (bevryding) moontlik is.

  1. "简论道教与佛教生死观的差异". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 10 September 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne