Selfbeeld

'n Spotprentvoorstelling van 'n mens se selfbeeld.

Selfbeeld is die geestesbeeld wat 'n individu van hom- of haarself het op grond van fisiese eienskappe soos lengte, gewig, haarkleur ens., asook aangeleerde opinies oor die eie ek wat 'n individu óf uit persoonlike ervarings, óf deur die internalisering van ander se beoordeling gevorm het. 'n Eenvoudige definisie van 'n persoon se selfbeeld is hul antwoord op die vraag "Wat glo jy dink mense van jou?".

Selfbeeld word op drie maniere gevorm:

  1. Selfbeeld wat voortspruit uit hoe 'n individu hom- of haarself sien.
  2. Selfbeeld wat voortspruit uit hoe ander die individu sien.
  3. Selfbeeld as gevolg van die individu se persepsie van hoe ander hom of haar sien.

Hierdie drie maniere waarop selfbeeld gevorm word is soms 'n akkurate voorstelling van die persoon, en soms nie. Alles, 'n paar of een daarvan mag waar wees.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne