Ski

'n Skiër wys sy slag in die Alpe.
'n Ski-hyser neem skiërs tot by die wegspringplek.
Met velle omhoog loop.

Ski is 'n metode van vervoer en 'n wintersport waar mense met behulp van ski's oor sneeu of ys gly. Mense wat ski word skiërs genoem. Spesiale toerusting word hiervoor benodig, onder andere 'n paar ski-stewels met bypassende ski-planke (waaraan die skoene kan hak). Warm klere, insluitende 'n mus en handskoene, is noodsaaklik om die skiër teen die koue te beskerm.

In Suider-Afrika is daar slegs twee oorde wat ski-geleenthede bied, die Tiffindell Ski-oord in Suid-Afrika en Afriski in Lesotho.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne