Sluipmoord

Sluipmoord op dr. Verwoerd tydens die Randse Paasskou in April 1960.
Sluipmoordpoging op president Ronald Reagan.

'n Sluipmoord is 'n moord wat in die geheim op 'n verraderlike wyse beplan en uitgevoer word. Sluipmoorde word vir verskeie redes uitgevoer, onder andere vir politieke, ideologiese of finansiële gewin. Feitelik enige wapen of toerusting kan daarvoor gebruik word, onder andere 'n mes, bom of geweer. Baie sluipmoorde word deur skerpskutters oor 'n afstand gepleeg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne