Soraya Esfandiary Bakhtiary

Soraya Esfandiary Bakhtiary
Koningingemalin van Iran

Man Sjah Mohammad Reza Pahlavi
Huwelik 12 Februarie 1951 - 15 Maart 1958
Vader Khalil Esfandiary Bakhtiary
Moeder Eva Karl
Gebore (1932-06-22)22 Junie 1932
Esfahan, Iran
Oorlede 26 Oktober 2001 (op 69)
Parys, Frankryk
Beroep Aktrise (1965)
Godsdiens Sjiisme, later Christendom

Soraya Esfandiary Bakhtiary (Persies: ثریا اسفندیاری بختیاری‎, Sorayâ Esfandiyâri Baxtiyâri; 22 Junie 1932 - 26 Oktober 2001) was as die tweede vrou van sjah Mohammad Reza Pahlavi, met wie sy in 1951 getrou het, die koningingemaal van Iran.

Hulle huwelik het deur diep waters gegaan, veral toe dit blyk dat sy onvrugbaar is. Sy het die sjah se voorstel dat hy met 'n tweede vrou trou om 'n troonopvolger te verwek, verwerp en hy hare dat hy abdikeer ten gunste van sy halfbroer. As die dogter van 'n Duitse Christen-ma, is Soraya deur die Sjiitiese geestelikes gewantrou; die sjah se besitlike ma het ook nie van haar gehou nie.[1] In Maart 1958 het die sjah gehuil toe hy aankondig hulle gaan skei.

Ná 'n kort loopbaan as 'n aktrise en 'n verhouding met die Italiaanse rolprentregisseur Franco Indovina het Soraya alleen in Parys gewoon tot met haar dood in 2001.

  1. Milani, Abbas The Shah, Londen: Macmillan, 2011. Bl. 213.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne