Sporofiet

’n Diagram wat die generasiewisseling wys tussen ’n diploïede sporofiet (onder) en ’n haploïede gametofiet (bo).
Jong sporofiete van mos. By mosse is die gametofiete die dominante generasie, terwyl die sporofiete aan die punte van die gametofiete groei.

’n Sporofiet is die stadium in die generasiewisseling-lewensiklus van plante en alge wat deur meiose die spore vorm. Dit het twee stelle chromosome (2n) en is dus diploïed. Dit ontwikkel deur mitose uit sigote, wat ná bevrugting gevorm word uit twee gamete, wat weer vervaardig word deur gametofiete (met een stel chromosome, dus n of haploïed).

Die generasiewisseling sorg dus vir ’n kringloop waar sporofiete en gametofiete om die beurt bestaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne