Stoei

Piktogram wat Stoei aandui
Stoei
'n Stoeiwedstryd

Stoei is 'n kragsport waarby daar nie geslaan of getrap mag word nie. Tydens die stoeiwedstryd worstel die deelnemers op die grond teen mekaar. Tegniek wat pyn of beserings kan teweegbring is streng verbode.

Daar is twee style van stoei: die Grieks-Romeinse en die vrystyl. By die Grieks-Romeinse styl mag slegs die bo-liggaam ingespan word, d.w.s. arms, lyf en die kop. By vrystyl mag die bene ook gebruik word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne