Sultan Ahmet-moskee

Sultan Ahmet-moskee
Die Blou Moskee in Istanboel.
Die Blou Moskee in Istanboel.
Ligging  Istanboel, Turkye
Voltooi  1616
Argitek(te )  Sedefkâr Mehmed Ağa
Spesifikasies 
Minaret(te)  6
Minarethoogte  64 m
Koepeldeursnee  23,5 
Kapasiteit  10 000
Styl  Islamities, Laat Ottomaanse Klassiek

Die Sultan Ahmet-moskee (Turks: Sultan Ahmet Camii) is ’n historiese moskee in Istanboel, die grootste stad in Turkye en van 1453 tot 1923 die hoofstad van die Ottomaanse Ryk. Dit is algemeen bekend as die Blou Moskee vanweë die blou teëls waarmee dit binne versier is.

Dit is tussen 1609 en 1616 tydens die bewind van sultan Ahmet I gebou. Soos baie ander moskees bevat dit ook ’n graftombe vir die stigter, ’n skool en ’n hospies. Terwyl dit steeds as ’n moskee gebruik word, het die Blou Moskee ’n groot toeriste-attraksie geword.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne