Swabiese Duits

Swabiese Duits
Schwäbisch
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland

Vlag van Oostenryk Oostenryk

Totale sprekers: 820 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Opperduits
    Alemanniese Duits
     Swabiese Duits 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: gsw 
Die Westelike Opperduitse taalgebied met Elsasser Duits in die Ooste van Frankryk ██ Swabiese Duits (25) ██ Nederalemanniese Duits (26) ██ Elsasser Duits (27) ██ Hoogalemanniese Duits (28) ██ Hoogste-Alemanniese Duits (29) ██ Noord-Beiers (30) ██ Sentraal-Beiers (31) ██ Suid-Beiers (32)

Swabies (Duits: Schwäbisch) is een van die Alemanniese dialekte van Hoogduits, wat in die Swabestreek gepraat word. Swabe dek 'n groot deel van Duitsland se suidwestelike Bundesland (deelstaat) Baden-Württemberg (insluitend die hoofstad Stuttgart en 'n landelike gebied wat bekend staan as die Swabiese Alb) en die suidweste van die Bundesland Beiere.

Die dialek wissel van 'n 'standaard' Swabies wat in Stuttgart gepraat word tot effens anders en 'dikker' vorme wat in kleiner dorpies in die platteland aangetref word. Ouer mens kan baie keer bepaal van watter dorpie iemand af kom deur na hulle aksent te luister.

Swabies is soos ander Alemanniese dialekte moeilik verstaanbaar vir sprekers van Standaardduits. Dit bevat woordeskat wat geheel en al van Standaardduits verskil (b.v.. Standaardduits Marmelade is Gsälz in Swabies).

In 2009 is die woord Muggeseggele, ’n Swabiese idioom wat die skrotum van ’n huisvlieg beteken, in ’n lesersopname deur die Stuttgarter Nachrichten, Stuttgart se grootste koerant, aangewys as "die mooiste Swabiese woord".[1] Dit word op ’n ironiese manier gebruik om ’n klein maateenheid aan te dui en word as geskik beskou om voor kinders te gebruik.

  1. Schönstes schwäbisches Wort, Großer Vorsprung für Schwabens kleinste Einheit Geargiveer 27 September 2013 op Wayback Machine, Jan Sellner 09.03.2009, Stuttgarter Nachrichten

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne