The Cat in the Hat

The Cat in the Hat
SkrywerDr. Seuss
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
TaalEngels
GenreKinderboek
UitgewerRandom House, Houghton Mifflin
Uitgegee12 Maart 1957
ISBN978-0-7172-6059-1
Voorloper How the Grinch Stole Christmas!
VervolgThe Cat in the Hat Comes Back

The Cat in the Hat is ’n gewilde kinderboek deur die Amerikaanse skrywer Dr. Seuss wat in rymformaat geskryf is en sketse bevat. Die boek is die eerste keer in 1957 gepubliseer. Dit vertel die verhaal van ’n vreemde kat wat ’n hoë rooi-en-wit hoed dra en hom met allerlei truuks besig hou. Dieselfde karakter maak sy verskyning in ander van Dr. Seuss se boeke.[1]

Ingang na 'n Cat in the Hat-pretrit in 'n temapark.
Die boek word aan kinders voorgelees.

Seuss skryf die boek nadat hy uitgedaag is om 'n storie te skryf waarvan jong lesers sal hou. Hy het 'n lys van 438 woorde ontvang wat kinders moet ken, en is vertel dat hy geen ander woorde mag gebruik nie. Toe die storie voltooi is, het dit 223 woorde vanaf hierdie lys bevat.

Meer as 11 miljoen kopieë van die boek is gedruk. Dit is in meer as 12 verskillende tale vertaal. Die verhaal is ook vir televisie, rolprente en die verhoog aangepas.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne