The Silmarillion

The Silmarillion is 'n boek wat gebaseer is op tekste deur J.R.R. Tolkien. Dit is saamgestel en geredigeer in 1977, vier jaar na sy dood, deur sy seun Christopher Tolkien. Die titel verwys na 'n drietal juwele, die Silmarille, gemaak deur die elf Fëanor.

Hierdie boek beskryf onder meer die oorsprong van die Middelaarde en hoe boosheid in die wêreld gekom het. Die tydsraamwerk dek die eerste drie tydperke van die wêreld en die skepping wat dit voorafgegaan het. Die Silmarillion is eintlik nie een boek nie, maar 'n samestelling van verskeie boeke: Ainulindalë (die skeppingsverhaal), Valaquenta (die verhaal van die Valar), Quenta Silmarillion (die verhaal van die Silmarille), Akallabêth (die val van Númenor) en Oor die Ringe van Mag en die Derde Era.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne