Ubuntu

Nelson Mandela praat oor Ubuntu.
Hierdie artikel handel oor die filosofie. Vir die rekenaarbedryfstelsel, sien Ubuntu (Linux).

Ubuntu, uitgespreek as oe-BOEN-toe (/uːˈbuːntuː/), is 'n etiese of humanistiese filosofie vanuit Afrika suid van die Sahara wat oor toewyding en verhoudings tussen mense handel. Die woord kom voor in die Bantoe-tale van suidelike Afrika en word as 'n tradisionele Afrika-konsep gesien. Ubuntu word gesien as 'n idee wat ten grondslag lê aan die ontstaan van die demokratiese Republiek van Suid-Afrika en is verbonde aan die idee van die Afrika-renaissance. In die politiek word die konsep gebruik om te benadruk dat konsensus bereik moet word voordat besluite geneem word en dat 'n menslike etiek nodig is op die basis waarvan besluit word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne