Virginia Woolf

Virginia Woolf
Virginia Woolf gedurende 1927 afgeneem
Gebore
Adeline Virginia Stephen

25 Januarie 1882
Sterf28 Maart 1941 (op 59)
Sussex, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepRomanskrywer
Bekend virMrs Dalloway (1925)
To The Lighthouse (1927)
Orlando (1928)
A Room of One's Own (1929)
EggenootLeonard Woolf
Ouer(s)Sir Leslie Stephen en Julia Prinsep Duckworth Stephen
Handtekening

Adeline Virginia Woolf (Kensington, 25 Januarie 1882Sussex, 28 Maart 1941) was 'n Engelse skryfster. Sy het beroemdheid verwerf as letterkundige modernis. Tussen die twee Wêreldoorloë was Woolf 'n prominente figuur in die invloedryke Bloomsbury Groep.

Virginia Woolf is as die dogter van die letterkundige, sir Leslie Stephen, gebore. Na haar moeder se dood in 1895 het Virginia weens 'n senutoestand nie skool toe gegaan nie, maar is sy tuis onder haar vader se toesig onderrig. Na haar vader se dood in 1904 het Virginia saam met haar broers en suster in 'n huis in die Bloomsbury-wyk van Londen gaan woon.

Haar lewenswyse daar is as onkonvensioneel vir die tyd beskou en sy was die leier van 'n groep talentvolle en ewe onkonvensionele mense, die sogenaamde Bloomsbury-groep. Onder hulle was die biograaf en essayis Lytton Strachey, die ekonoom John Maynard Keynes, die kunskritikus Roger Fry en die skrywers E.M. Forster en Vita Sackville-West. In 1902 is Virginia getroud met die linkse politikus en joernalis Leonard Woolf (1880 -1969).

Hulle het in 1917 hul eie uitgewery, The Hogarth Press, gestig wat al Virginia se werk sou publiseer, sowel as die van skrywers soos T.S. Eliot (The waste land) en Katherine Mansfield. Virginia Woolf se eerste roman was The voyage out (1915), gevolg deur Night and day (1919). Jacob's room (1922) was haar eerste eksperiment met die bewussynstroomtegniek, waarin die feite en uiterlike gebeurtenisse van die roman nie so belangrik soos die innerlike gewaarwordinge van die romanfigure is nie.

Haar mees geslaagde werke in dié styl is Mrs. Dalloway (1925), To the lighthouse (1927) en The waves (1931). Saam met James Joyce, wie se werk haar beïnvloed het, word sy as een van die belangrikste vernuwers van die Engelse prosakuns in die 20e eeu beskou. Haar werk het weer 'n invloed gehad op belangrike skryfsters soos Katherine Mansfield en Elizabeth Bowen.

Virginia Woolf het verskeie ander werke geskryf, onder meer belangrike literêre kritiek, feministiese essays en 'n skrywersdagboek wat na haar dood verskyn het. Na haar laaste roman, Between the acts (1941), het sy in 1941 weer 'n senuinsinking beleef en naby haar huis in Sussex selfmoord gepleeg op 59-jarige ouderdom. Woolf is verder bekend daarvoor dat sy gesukkel het met geestesongesteldheid, in die vorm wat 'n bipolêre versteuring wat gelei het tot haar selfdood.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne