Vitamien B12

Kobalamien
Kobalamien se chemiese struktuur
Chemie
Sistematiese naam α-(5,6-dimetielbensimidasoliel)
kobamiedsianied
Chemiese formule C63H88CoN14O14P
Molêre massa 1355.37 g/mol
Voorkoms Donkerrooi poeier
Oplosbaarheid 12 g/l in water; byna onoplosbaar
in asetoon, eter en chloroform
CAS registernommer 68-19-9
Metielkobalamien (foto) is 'n vorm van vitamien B12. Dit kom voor as donkerrooi kristalle wat vryelik kersie-gekleurde helder oplossings in water sal vorm.

Vitamien B12, ook bekend as kobalamien, is 'n wateroplosbare vitamien en een van die agt B-vitamiene. Dit speel 'n belangrike rol in die normale funksionering van die brein en senuweestelsel, en ook in die vorming van bloed. Dit is gewoonlik betrokke by die metabolisme in elke sel van die menslike liggaam, veral wat DNS-sintese en -regulering, vetsuurbiosintese en energieproduksie betref.

Nie swamme, plante, óf diere is in staat om self vitamien B12 te vervaardig nie. Slegs bakterieë en archaea besit die ensieme wat nodig is vir die sintese, hoewel baie kossoorte 'n natuurlike bron van B12 is as gevolg van bakteriële simbiose. Die vitamien is die grootste en struktureel mees-ingewikkelde vitamien en kan in die nywerheid slegs geproduseer word deur bakteriële fermentasie-sintese.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne