Vlag van die Kaaimanseilande

Vlag van die Kaaimanseilande
Vlag van die Kaaimanseilande
Vlag van die Kaaimanseilande
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 14 Mei 1958
Ontwerp ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

Die nasionale vlag van die Kaaimanseilande is op 14 Mei 1958 amptelik in gebruik geneem nadat die eilande ’n wapenskild toegeken is. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

In 1999 is die wit skyf van die vlag verwyder en die wapenskild is verdubbel in grootte. Die vlag met die wit skyf is egter nog wyd in gebruik in die eilande.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne