Vrydaggebed

Vrydaggebed by 'n universiteit in Maleisië
Vrydaggebed in die Baitul Mukarram Nasionale Moskee in Bangladesj
Vrydaggebed (Teheran, 2016), Ajatolla Jannati lei die Vrydaggebed as imam
Vrydaggebed in Pristina
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme in 1865
Europese tale waarin die plaaslike woord vir die Vrydag van die Arabiese woord Byeenkoms afgelei is in pers

Vrydaggebed (Arabies: صلاة الجمعة‎, ṣalāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem,[1] is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones.[2] Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgegee om dit sinchroon te hou.

  1. (af) (en) The Cape Muslim Vernacular – ek soembain gou dot kom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 16 Maart 2019.
  2. "Dar ul Haqq Islamic Institute – Masjed At Taqwaa" (in Arabies). Reno Mosque. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2013. Besoek op 28 September 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne