Vuurkonyn (astrologie)

丁卯

Die Vuurkonyn (丁卯, dīngmǎo) is die vierde jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die vierde Aardtak (卯, mǎo), gesimboliseer deur die Konyn (兔, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurkonynjaar het in 1987 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 29 Januarie 1987 tot 16 Februarie 1988.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne