Vuuros (astrologie)

丁丑

Die Vuuros (丁丑, dīngchǒu) is die 14de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die tweede Aardtak (丑, chǒu), gesimboliseer deur die Os (牛, niú).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurosjaar het in 1997 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 7 Februarie 1997 tot 27 Januarie 1998.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne